Hierdie video gaan veral pret wees want ek het die geleentheid 'n onderhoud te voer met my mede-instrukteur, Dr Terrence Sejnowski. Terrence se baanbrekers navorsing in Neurale Netwerke en Berekenende Neurale wetenskap maak hom 'n lewendige legende. Dr. Sejnowski is 'n ondersoeker by Howard Hughes Mediese Instituut, en die Francis Crick professor by die Salk Instituut vir Biologiese Studies waar hy hoof is van die Berekenende Neurobiologiese Laboratorium Behalwe dit is Dr. Sejnowski ook in die elite groep van tien lewendige wetenskaplikes wat verkies is vir al drie van die National Academies in ingenieurswese, wetenskap en medisyne. Wat egter vir my die meeste beïndruk is dat Terry ook meer Berekenende Neurale Wetenskaplikes opgelei het as enige ander wetenskaplike. In 'n sekere sin, dan, maak dit van Dr. Terrence Sinalski 'n leier en vaderfiguur in die moderne gebied van neurowetenskap. Die uiteindelike doel van Dr. Sejnowski se navorsing is om skakel-beginsels te bou tussen die brein en gedrag, gebaseer op berekenende modelle. Vandag gaan ek vir Terry 'n paar vrae vra oor hoe hy leer asook hoe hy dink oor leer, sodat ons almal 'n beter sin kan kry van hoe om ons eie leerproses te verbeter. So wat doen jy om jouself te help om iets heeltemal nuut makliker te leer? Wel, ek hou daarvan om aan die diep kant in te spring. Ek kry nie veel daaruit om net baie boeke te lees nie. In Graduate School het ek oorgeskakel van Fisika na Biologie hoe ek dit gedoen het was om in 'n Biologie laboratorium te gaan en betrokke te raak by eksperimente. Ek is 'n groot voorstander van leer deur te doen en leer deur osmose by die kenners. Hoe hou jy jou aandag gefokus gedurende iets soos 'n vervelende lesing? Ek het gevind dat daar nie eenvoudige maniere is om aandag te gee aan iets waarin jy nie belangstel nie, maar ek het 'n truuk ontdek, en dit is om die spreker 'n vraag te vra. Die onderbreking gee dikwels aanleiding tot 'n bespreking wat baie interessanter is. En dit volg ook die algemene beginsel dat jy meer leer deur aktief, eerder as passief te luister. So, wat doen jy om in die Diffuse dink toestand te kom en voordeel daaruit te trek? Ek vind dat draf of ander oefeninge 'n wonderlike manier is om die verstand te bevry van die normale gedagtegang. En ek vind dat dit baie moontlik is om so met nuwe gedagtes en idees vorendag te kom. Dis byna asof jou brein in 'n nuwe toestand gaan; jy hardloop, dinge gaan verby jou, en jy begin dink aan wat besig is om te gebeur. Byvoorbeeld, daar kom onbewustelike gedagtes oor dinge waarmee jou brein besig is om te werk op na die oppervlak. Dikwels kom daar nuwe gedagtes wat jy later nuttig vind. Die enigste probleem wat ek het is om al hierdie wonderlike idees te onthou, want na die tyd in die stort het baie van hulle al verdwyn. Dit is hoekom ek verkies om met 'n klein notaboekie te draf sodat ek kan notas neem en onthou wat dit is waaraan ek gedink het. So, doen jy meer as een ding op 'n slag, of hoe vermy jy die drang om dit te doen? Wel, ek sal nie oorleef as ek nie meer as een ding op 'n slag kan doen nie. Ek praat met my studente, luister na lesings, en het interaksie met baie besoekers. Daar is baie dinge wat mens bombardeer, soos epos, tekste, en hierdie is baie NB dinge wat mens wil doen, maar as jy hulle nie kan bestuur nie, is dit moeilik om deur 'n dag te kom. Maar ek geniet die aande wanneer die herrie van die dag still is, en ek die geleentheid kry vir meer refleksie en dis wanneer ek my beste werk doen. Doen jy ooit twee dinge gelyktydig? Wel, mens kan nie eintlik bewustelik twee dinge gelyktydig doen nie want hulle sal deurmekaar raak. Dit is moontlik, met baie oefening, om twee dinge gelyk te doen, maar jy werk nie doeltreffend so nie. Vir my beteken om meer as een ding gelyk doen die vermoë om heen en weer tussen take te skakel. Sommige mense is beter hiermee as ander. Maw, sommiges neem 'n rukkie om aan die gang te kom, soos as jy besig is om te skryf aan 'n referaat. Dit mag ure neem voor jy weer produktief is hiermee en weer in staat is om iets te bereik. Maar wanneer jy weet hoe om in die middel van een taak oor te skakel na 'n ander al is dit moeilik is dit voordelig. Ek doen dit baie maklik. Ek kan heen en weer skakel en ek is in staat om terug te keer na die oorspronklike taak en dit weer op te neem. So dis een manier om baie take af te handel. Gelukkig het ek 'n groot aantal baie goeie studente en helpers. Dis ook 'n baie produktiewe omgewing waarin ek werk so dit is werklik 'n plesier om hier te wees. Hoe pas jy jou kennis van neurowetenskap toe op jou eie leerproses? Wel, daar is klein tegnieke wat ek toepas van wat ek in die laboratorium geleer het. Laat ek jou een voorbeeld gee om dit konkreet te maak. Een van my kollegas by die Salk Institute, Rusty Gage, het 'n baie NB ontdekking gemaak. Volgens handboeke het jy al die neurone in jou brein sedert geboorte. Na geboorte het bedrading plaasgevind, en leer, en dit het die verbindinge tussen die neurone verander. Maar hulle is steeds dieselfde ou neurone wat jy by geboorte gehad het. Sommige sterf af. Dus krimp jou korteks. Maar Rusty het ontdek dat daar word in 'n belangrike deel vir leer en geheue in jou brein, die hippokampus, wat reg in die middel van hierdie model van die brein sit, nuwe neurone gebore, selfs in volwassenheid. En dit is baie belangrik vir leer en geheue. Hierdie is natuurlik iets wat baie, baie nuttig is - om in staat te wees om nuwe neurone te hê. Hier is wat ons saam ontdek het. Ons het ontdek dat as jy 'n dier neem, soos die rot wat ons in ons model gebruik, en jy gee dit 'n verrykte omgewing waarin die rot in staat is om rond te beweeg, dinge te doen en interaksie het met ander rotte, en jy kyk dan na die hippokampus, sal jy vind dat die verbindinge tussen die neurone baie sterker is daar. Dit kan gedoen word deur 'n faktor van twee, baie sterker as in 'n rot wat in 'n hok en verarmde omgewing gehou word. Nou hier is die sleutel - om 'n verrykte omgewing te hê selfs as 'n volwassene gaan jou help. Reg? In plaas daarvan om jouself soos 'n monnik toe te sluit in 'n kamer, wil jy eintlik deur mense omring wees wat jou stimuleer, en deur aktiwiteite waaraan jy aktief kan deelneem. Dis belangrik. Nou hier is iets wat Rusty ontdek het wat ek dink uiters belangrik is. In die afwesigheid van 'n verrykte omgewing sal oefening ook die getal nuwe neurone wat gebore word en oorleef, verhoog. Ek is 'n baie ywerige drawwer. Ek het reeds genoem dat ek baie goeie idees kry wanneer ek hardloop, en ek weet dat my brein my help om dinge te onthou as gevolg van die feit dat nuwe neurone gebore word en oorleef in my hippokampus. So dis een van baie voorbeelde waarna ek kan verwys waarin ons geleer het van neurowetenskaplikes. Neurowetenskap het regtig die manier hoe ek dink verander en dis 'n jammerte as mens kyk na ons nuwe opvoedkundige hervormings en skole. Wat hulle uitsny wanneer hulle eintlik moet byvoeg, 'n nuwe sessie, byvoorbeeld, om iets te leer. Soos byvoorbeeld, hoe om 'n toets te slaag, reg? Toetse word nou gegee om te help bepaal hoe goed 'n student doen en hoe goed 'n skool doen. Wel, dis pouse. En wat gebeur tydens pouse? Oefening. Daar word rondgehardloop. Dis presies wat jy nodig het, wat jou brein nodig het. Dit het daai oomblik van stilte nodig, waar jy jou spiere in plaas van jou brein gebruik om inligting te verwerk en om die neurone daaraan te laat werk. So ek dink hierdie is iets wat 'n beleid moet wees - ons kinders moet buite rondhardloop. Was daar enige spesiale tegnieke wat jy oor die jare verkry het om jou te help fokus, te leer of om meer effektief te skep? Ek vind dat om in 'n kreatiewe omgewing te wees waar ander mense kreatief is, 'n manier is om jou eie kreatiwiteit te verbeter. Ek dink dat die beeld wat ons het van 'n kreatiewe denker as 'n geisoleerde genie, waar mag wees vir sommige mense, maar dis nie waar vir my nie. Ek vind regtig dat ek beter idees kry wanneer ek met iemand praat en my idees probeer verduidelik aan hulle. Dikwels versterk dit die kreatiewe proses en die feite, en ek dink dat om ander mense te hê met wie jy jou idees kan deel, vir my 'n baie belangrike deel van wetenskap is. Wat van toetsing? Enige spesiale advies hier? Toetse is soos enige ander vaardigheid. Jy kan dit aanleer. Jy kan leer om 'n beter toetsnemer te wees. En jy het 'n klomp goeie idees hieroor. Ek het ontdek dat wat mens nodig het, en die dinge om te vermy. Byvoorbeeld: Moenie bekommerd wees as jy nie 'n vraag kan antwoord nie. Gaan na die volgende vraag toe; jy kan altyd terugkom en die antwoord vir die probleem wat jou teruggehou het kan by jou opkom later in die toets. Dis hoe ons breine werk. Dinge werk op parallele spore. Hoe benader jy jou kreatiewe werk in wetenskap? Hoe hou jy jouself kreatief wanneer jy gekonfronteer word met die roetine van daaglikse take? Ek is baie gelukkig want ek het 'n wonderlike laboratorium, en my studente en kollegas hou my jonk in terme van nuwe dinge leer, en hoe om met nuwe perspektiewe na dinge te kyk. So, ek dink dat om jongmense in die omgewing te hê 'n wonderlike manier is om jouself jonk te hou. As jy enige advies vir 'n jong hoërskool of tersiêre student het oor hoe om effektief te leer, wat sou dit wees? Dat sukses nie noodwendig behaal word deur slim te wees nie. Ek ken baie slim mense wat nie suksesvol is nie, maar ek ken baie mense wat baie, baie passievol en volhardend is. موفقيت در زندگي آن شور و پايداري است، كه واقعا در آن پاي فشرده شود،در سر كار ماندن و در نرفتن. تسليم نشدن. اين واقعا، فكر ميكنم كه مهمترين كيفيتي است كه در دانشجويان ميبينم، كه باهاشان كار ميكنم،كه موفق هستند. >> تري،نميتوانم به حدي كه بايد و شايد براي پاسخ هاي پرارزشتان از شما تشكر كنم، كه فكر ميكنم براي مردم بسيار مفيد است. >> چه جالب، اكنون ميخواهم كه كمي مقدمه اين جا داشته باشم. ميخواهم شما را به مغز " فرانسيس كريك" معرفي كنم. اول بار او را سي سال پيش ملاقات كردم،و اين مغز در دفتر كارش نشسته بود. و، فرانسيس همكار صميميم بود،حدود بيست و پنج سال قبل آمدم اين جا، و بسيار بهتر شناختمش. و روزي،داشتيم گفتگو ميكرديم،و فرانسيس خاطر نشان كرد كه اين مغز براي چند دهه كه آن جا نشسته بود به تري گفت كه آيا ميدانيد كه همين اخيرا فهميدم كه اين مغز از مغزي واقعي خيلي بزرگتر است. و در واقع اگر واقعا به اندازه نسبيشان توجه كنيد نميتوانيد اين مغز را در جمجمه من جا داد. اين ابزار آموزشي براي دانشجويان پزشكي است. ميدانيد ،اجزاي مختلف مغز را ميتوانيداز هم جدا كنيد. اما آيا جالب نيست كه " فرانسيس كريك" تا خيلي بعد از اين وقتي كه واقعا با چشمان تازه اي به آن نگاه نكرد اين را نفهميد. و بنابر اين، ميدانيد، اين چيزي در مورد يادگيري با چشماني تر و تازه. >> آيا غير عادي نيست؟ حتي درباره كاشف دي ان اي كه جايزه نوبل را برده. >> خوب،چيزهايي است كه هر روز در مورد چيزهايي كه دور و بر ما است بايد درك كرد،مطالب عادي، كه ميبايست تنها با چشماني ديگر و ديدگاهي ديگر به آن نگريست. [BLANK_AUDIO]